Twee treine bots in Kaapstad

Wonderbaarlik is slegs een persoon beseer na twee treine Dinsdagmiddag in Kaapstad gebots het. ‘n Passasiertrein wat op pad was van Kaapstad na Malmesbury het teen ‘n stilstaande goederetrein naby Fisantekraal, Durbanville, gebots. Daar was sowat 500 passasiers op die trein.

Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, was verskeie paramedici van Kaapstad vinnig op die toneel. “Ons het die ergste verwag, en met ons aankoms was een van die lokomotiewe aan die brand. Die brandweer het dadelik die brand begin blus terwyl reddingspersoneel na beseerde passasiers begin soek het. Niemand is ernstig beseer nie. Een persoon het ligte beserings opgedoen en is na die Mediclinic in Durbanville geneem,” het sy gesê.

Jackson sê die treinbestuurder en van die passasiers het voor die botsing uit die trein gespring. Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word deur die betrokke owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.