Twee mans is Donderdag deur die Oos-Kaapse hoggeregshof gevonnis nadat hulle ‘n 11-jarige dogter verkrag het.
Luit.kol. Mtati Tana sê Nkosinathi Booi (33) en Sinethemba Gwadi (23) is elk tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle in Februarie 2010 die dogter by die Fort Grey-plakkerskamp verkrag het. “Die mans het die dogter gedwing om alkohol te drink voordat hulle haar verkrag het,” het Tana gesê. -SAPA