Twee UV-studente in hof oor beweerde aanranding

Argieffoto

Argieffoto

Twee studente van die Universiteit van die Vrystaat het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ʼn medestudent aangerand het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 9 April uitgestel en die verdagtes is op waarskuwing vrygelaat. Hy sê Cobus Muller en Charl Blom het glo Maandagaand by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus vir Muzi Gwebu met hul bakkie gestamp. Die twee het Gwebu glo ook later aangerand. Jonathan Jansen, rektor van die UV, sê die universiteit beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en doen ook sy eie ondersoek. Hy sê indien die studente skuldig bevind word sal hulle nie toegelaat word om verder by die universiteit te studeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Erger dinge gebeur daagliks in ons land, maar laat n blanke hom net vergryp dan kan ons Afrikaanse media nie vining en breedvoerig genoeg berig gee nie. Met Afrikaner geld het hulle tot stand gekom en daarsonder gaan hul hopelik spoedig in die stof byt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.