Twee van SA glo in Jemen ontvoer

Gewapende mans het Maandag twee Suid-Afrikaners in Taiz, Jemen ontvoer te midde van ʼn beweerde gronddispuut.

Volgens die polisie het hulle ʼn oproep gekry van ʼn parlementslid, Abdel-Hamid el-Batra, se assistente wat beweer El-Batra sit agter die ontvoering. El-Batra het glo die ontvoering buite die Taiz Plaza Hotel gereël weens ʼn geskil met die regering oor ʼn stuk grond. El-Batra het glo onderneem om die twee Suid-Afrikaners vry te laat in ruil vir die grond. El-Batra is ʼn lid van die land se regerende party en is reeds die afgelope 10 jaar ʼn parlementslid. Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie.

Lees ook:
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Ontvoerdes in Jemen wel van SA

Gerugte van ontvoerde SA’ners in Jemen ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.