Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word

'n Skermskoot uit die video wat deur Rapport op Youtube gelaai is.

‘n Skermskoot uit die video wat deur Rapport op Youtube gelaai is.

Christoff Becker en Frikkie du Preez, twee van die sogenaamde Waterkloof-4 wat Sondag weer in hegtenis geneem is nadat hulle glo alkohol gebruik het terwyl hulle nog in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria was, gaan vir 72 uur lank aangehou word terwyl die voorval ondersoek word.

Manelisi Wolela, ʼn woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Maandagoggend gesê daar is nog nie nuwe inligting nie en die ondersoek duur voort. Wolela kon nie bevestig of die twee mans by dieselfde gevangenis aangehou word nie.

City Press en Rapport het Sondag berig dat hulle in besit is van video’s wat wys hoe Du Preez en Becker glo in ‘n sel partytjie hou en ʼn selfoon gebruik.

Bekker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is Dinsdag op parool vrygelaat. Hulle is in 2008 tronk toe nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op ʼn hawelose man. – SAPA

Lees ook:
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PietB ·

Die arrogansie van hierdie twee onopgevoede jong manne ken skynbaar geen grense nie. Om mee te begin hoop ek dat hulle parool onvoorwaardelik ingetrek sal word en hulle ten eerste hulle volle termyn sal moet uitdien, hierdie keer op net brood en water. Ten tweede, dat hulle weer verhoor en veroordeel sal word tot ‘n ekstra termyn vir minagting van die tronkreëls. Maar ook dat hulle saam met hulle bewaarders opgesluit sal word omdat die net so skuldig is. Ons leef in ‘n vrot samelewing oor die algemeen en die lewenshouding van hierdie mense beklemtoon dit net weer.

YOLANDA ·

ek hoop hulle is gou weer uit,,,,, ander in die tronk doen baie erger dinge,,,,, wavan ons nie weet,,, laat hul nou aangaan met hul lewe !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.