Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies

jail_barsTwee van die sogenaamde Waterkloof-vier is weer in hegtenis geneem nadat hulle glo alkohol gebruik het terwyl hulle nog in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria aangehou is.

“Twee van die ‘Waterkloof-vier’ wat glo alkohol ingesmokkel het en ʼn partytjie gehou het binne die tronk is weer in hegtenis geneem terwyl ʼn ondersoek van stapel gestuur vir die volgende 72 uur,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, gesê. “Die departement neem die bewerings wat in die media gemaak is rakende die smokkel van drank, die hou van ʼn partytjie en die afneem daarvan met onwettige kameras en selfone baie ernstig op.” Wolela sê die departement se streekskommissaris in Gauteng het Sondag ʼn ondersoek van stapel gestuur. Wolela sê die Wet op Korrektiewe Dienste maak voorsiening daarvoor dat ʼn persoon wat op parool vrygelaat is weer aangehou kan word as voorsorgmaatreël terwyl daar ʼn ondersoek gedoen word. Hy sê die mans is weer in hegtenis geneem en kan vir ʼn periode van 72uur aangehou word. Wolela sê die twee mans en beamptes by die gevangenis sal ondervra word.

City Press en Rapport het vandag berig dat hulle in besit is van video’s wat wys hoe Frikkie du Preez en Christoff Becker glo ʼn partytjie hou en ʼn selfoon gebruik in ‘n sel by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis .

Bekker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is Dinsdag op parool vrygelaat. Hulle is in 2008 tronk toe nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op ʼn hawelose man.

Lees ook:
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sharone Rabie ·

Mens kry skaam vir die nasie, maar ek dink tog juis omdat hul wit is word die media groter aangevuur!

Eugenie ·

Ek stem 100% saam met jou. Wat die 2 gedoen het, is nie reg nie, maar liewe land, buite die tronk se deure is daar verkragters en moordenaars, SOEK hulle en prop hulle eerder in die tronk.

Slim Daan ·

Ai Eugenie. Wat was die 4x afknouers van Waterkloof anders as moordenaars ? Inteendeel. Hul boetedoening aan die slagoffers en bree gemeenskap is n middelvinger. Wegneemetes, drank en DSTV was voor-op.
Begin idees kry om my kat dood te skop. Dan weer….. sit ek skalks lewenslank.

Slim Daan ·

Sharone.
Eiewaan is eenmaal endemies aan party karakters. Hoor is min en daar’s geen pille vir domheid nie. ( 5-jr+ in die tjoekie sal dit nie tuisbring nie. ) n Seder het letterlik geval in Waterkloof. Is net dat sekere Transvholse mhommies nie wil aanvaar haar seuntjie is n eks-bandiet…..en haar wederhelf n eks-skoolhoof nie. Waarom die media wil gesel sal net jy weet.

boerevolk ·

Dit is waar alle moordenaars hoort en dit is agter tralies. Daai twee moet so ver toegesluit word dat hulle kos met n kanon aangeskiet moet word. Wanneer hulle kos hulle bereik moet dit al gemuf wees. Hulle maak wittes se naam sleg en dink hulle is HEROS. Dis goed dat hulle weer terug is waar hulle moet opvrot.

Justi ·

Boerevolk, ek het jou vorige kommentaar ook gelees. Ek stem saam, moord is moord hetsy ras of kleur.

Die mense het n tweede kans gekry en het verbrou……dis asof hulle spog soos jy se.

Verander die tronke nou in hotelle?

Gert ·

Daaie Becker mannetjie is ‘n verwaande mannetjie wat nie genoeg in die gevangenis geleer het nie. Ek stem saam met Boerevolk en Justi, hulle, veral die verwaande klein Becker, het egter nog nie geleer nie, ek sien ‘n swaar pad vir albei, maar veral Becker gaan swaar kry. Hy is ‘n regte bedorwe brokkie!!!!

Leana ·

………En geld maak nie altyd alles reg wat krom is nie Gert. Mens sou nou dink die mannetjies het ‘n les geleer !

Jasper ·

Pleks dat hulle daar in die tronk op hul knieë gaan en die Here dank dat hul van daardie hool verlos is, hou hul voortydig n dronknes. Kry vir julle en word groot.

dirk ·

“”“Twee van die ‘Waterkloof-vier’ wat glo alkohol ingesmokkel het en ʼn partytjie gehou het binne die tronk is… ”

Vandag lees ek die Rapport en daar word genoem die ‘partytjie’ waarna verwys word gebeur het nadat Becker en kie ontslaan was, nie in die tronk nie.

Slim Daan ·

Nogal nie Dirk. Heer Becker het in sy eiewaan ‘selfies ‘ van sy opgepompte spiere in sy sel geneem. ( hulloooooo…..selfone is verbode ) Fotos vandag toon n bottel J&B en Jannie Stapper ( nogal bloue…..mind you ) – wat in al hul glorie op n tafeltjie in die sel, uitgestal was. Manne het glo so n bietjie van n ” kickstart ” nodig gehad alvorens hul vrylating.

Louis Crole ·

Dis snaaks dat Selebi en Schabir Shaik kan done en hulle word nie weer opgesluit. Moord is seker meer ernstig.

Blikskim ·

Hulle gee nuwe betekenis aan “Jailhouse Rock” van Elvis.

eleen blaeser ·

Ai al wat mens kan se is. Some people never learn. Nie eers na jare in die tronk nie. Ek dink verwaandheid is deel van daai Becker mannetjie se geaardheid. Want wraggies as die kop dom is moet die lyf maar suffer. Aan die anderkant die enigste plek waar drank regtig te sien is is op die rekenaarskerm. En ja met sulke vriende soos syne het niemand vyande nodig nie. En ek stem saam die feit dat hul wit is gaan als net erger maak. Want ek dink hierdie goed is maar aan die orde van die dag in ons tronke. Sjoe dis jammer as mens nog n kans kry en jy foeter dit so op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.