Twee van ‘Waterkloof-4’ weer na hof oor vrylating

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Gert van Schalkwyk. Foto: SAPA

Die regsverteenwoordigers van twee lede van die sogenaamde ‘Waterkloof-vier’ sal Maandag weer ʼn aansoek by die Pretoria hooggeregshof indien vir hulle vrylating.

Beeld berig dat die regspan van Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt vandag ʼn tweede, “meer drastiese” dringende aansoek sal indien. Die departement van korrektiewe dienste (DKD) weier sedert Donderdag om die twee mans op korrektiewe toesig vry te laat. Van Schalkwyk en Tiedt was verondertsle om Donderdag vrygelaat te word ná ʼn aanbeveling van die paroolraad. Die DKD wou hulle egter nie vrylaat nie. Hulle regspan het ʼn dringende aansoek voor die hooggeregshof gebring waar regter Eben Jordaan beslis het dat twee beamptes van die DKD skuldig is aan minagting van die hof aangesien hulle nie die mans wil vrylaat nie. Jordaan het gelas dat dié twee beamptes Januarie in die hof moet verskyn om te verduidelik hoekom hulle nie vir 30 dae moet tronk toe gaan nie. Die hof het verder gelas dat Van Schalkwyk en Tiedt vrygelaat moet word. Die DKD het egter steeds geweier om hulle vry te laat en het aangekondig dat hy teen die vrylating sal appelleer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.