Twee van ‘Waterkloof-vier’ bly naweek agter tralies

Reinach Tiedt. Foto: SAPA

Gert van Schalkwyk. Foto: SAPA

Daar was Vrydag hoogdrama terwyl regsverteenwoordigers en die departement van korrektiewe dienste (DKD) in ʼn geskil betrokke was oor die vrylating van twee lede van die sogenaamde ‘Waterkloof-vier’.

IOL berig dat Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt ondanks twee hofbevele en minagting van die hof deur twee senior DKD-beamptes nie daarin kon slaag om op korrektiewe toesig vrygelaat te word nie. Familielede van Tiedt en Van Schalkwyk het tot laat Vrydagaand in Cullinan gewag op hulle vrylating van die Zonderwater-gevangenis. Regter Eben Jordaan het twee senior beamptes van die Zonderwater-gevangenis Vrydag ʼn maand tronkstraf opgelê nadat hulle Donderdag se hofbevel, dat Tiedt en Van Schalkwyk vrygelaat moet word, verontagsaam het. Die twee beamptes sal op 24 Januarie in die hof moet verskyn om te verduidelik waarom hulle nie tronk toe moet gaan nie. Beeld berig dat Van Schalkwyk en Tietd Vrydag reeds in die motors was waarin hulle sou huis toe ry toe hulle weer toegesluit is. Die twee se regsverteenwoordigers sal Maandag weer die hof nader in ʼn poging om hulle vrylating te verseker. Van Schalwyk, Tiedt, Frikkie du Preez en Chrsitoff Bekker is in 2008 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan moord op ʼn hawelose man. Die voorval het glo in 2001 plaasgevind toe die mans nog op skool was. Du Preez en Bekker word in die Pretoria Sentraal gevangenis aangehou.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.