Twee lede van die sogenaamde ‘Waterkloof-vier’ sal Donderdagmiddag onder korrektiewe toesig vrygelaat word.
Adv. Jaap Cilliers het bevestig dat Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt vanmiddag van die Zonderwater-gevangenis in Cullinan vrygelaat sal word. Van Schalwyk, Tiedt, Frikkie du Preez en Chrsitoff Bekker is in 2008 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan moord op ʼn hawelose man. Dit is nog nie duidelik hoekom Van Schalkwyk en Tiedt op korrektiewe toesig vrygelaat word nie. Du Preez en Bekker word in Pretoria Sentraal gevangenis aangehou.