Twee vas na huisbraak by sanger se huis

Lira met een van haar SAMA-beeldjies. Foto: Facebook

Twee mense is Saterdag in hegtenis geneem in verband met ʼn huisbraak by Lerato “Lira” Molapo se huis in Randburg.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 24-jarige man is met gesteelde items in sy besit gevind by ʼn huis naby Molapo se huis. “Die tweede verdagte is 26 jaar oud en is na bewering die eienaar van die huis waar die eerste verdagte gevind is en het homself aan die polisie oorgegee.” Mogale sê die huisbraak het Vrydagaand plaasgevind terwyl Molapo en haar man ʼn Vrouedag-geleentheid bygewoon het. Sy sê die diewe het die huis deur ʼn stukkende skuifdeur binnegekom. Die diewe het onder meer 10 SAMA-beeldjies, skootrekenaars, iPod’s en kontant gesteel. Die polisie het van die gesteelde goedere teruggekry. Die mans sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

gud om te weet daar word nie net by ons ingebreek nie.

javr ·

Ja nee kyk net hoe gou word hulle vasgetrek omdat hulle by die ennie ingebreek het

Stoere Boer ·

‘n Week gelede is by ‘n plaasboer naby ons se huis ingebreek. Die skuldige (een van sy werkers) is op heterdaad betrap en het toe hy gekonfronteer word weg gehardloop en in ‘n bloekombos verdwyn. Na amper 2 ure het ons ‘bevoegde” polisie opgedaag en nadat hulle gehoor het wat gesteel is (onthou hy is betrap terwyl hy besig was) het hulle besluit om nie ‘n diefstal saak te open nie en ook om nie eers te probeer soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.