Twee vas na hulle bejaarde glo met strykyster brand, doodslaan

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo die 78-jarige Johanna Moore met ʼn warm strykyster gemartel en doodgeslaan het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Leonard Hlathi, sê die twee verdagtes, 33 en 34 jaar oud, is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van Moore se digitale kamera en kontant. Hulle sal Maandag in die Belfast landdroshof verskyn. Moore se lyk is Donderdagoggend in haar huis in die vakansiedorp Dullstroom gevind en sy het erge brandwonde aan haar gesig en albei arms opgedoen. Moore is ’n Suid-Afrikaanse burger van Noorse afkoms en het die afgelope 22 jaar in Dullstroom gewoon. Moore se tuinwerker, André Mlwazu, het haar Woensdagmiddag laas lewend gesien nadat hy by haar huis weg is. Mlwazu het Donderdagoggend onraad vermoed toe hy by haar huis aangekom het aangesien die tuinhek en ʼn deur van die huis oopgestaan het. Mlwazu en ʼn buurman het op Moore sy lyk in die spens afgekom. Die strykyster waarmee sy gemartel is, het langs haar gelê.

Die polisie het mense met inligting oor die moord gevra om sers. Johannes Maseko by 082 318 9600 of 013 254 0141 of ao. Daniel Nkosi by 082 798 0659 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.