Die polisie is Knysna het Vrydag twee mans in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn bejaarde vrou met ʼn hamer in haar huis aangeval het.
EWN berig dat die 81-jarige vrou glo Woensdagaand deur die twee mans oorval en vasgemaak is voor hulle die huis geplunder het. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Bernadine Steyn, sê die mans het met ʼn kamera, selfoon, juweliersware en ʼn onbekende bedrag geld gevlug voor hulle Vrydag vasgetrek is. Die twee mans sal na verwagting Maandag in die Knysna landdroshof verskyn.
Lees meer hier.