Twee vas ná hulle kind in toe motor los

Annali Snoer, paramedikus van Netcare911 red die kind uit die toe motor. Foto: news24.com

Twee mans is Saterdag in Welkom in hegtenis geneem nadat hulle ʼn kind vir bykans twee ure in ʼn toe motor in die bloedige son buite ʼn winkelsentrum gelaat het, het Beeld Maandag berig.

Morné Nagel en Abel Modimoeng, die flink karwagte wat gehelp het om die kind uit die toe motor te red. Foto: www.beeld.com en geneem deur Tom de Wet

Karwagte Morné Nagel en Abel Modemoeng het gaan ondersoek instel toe die voertuig se alarm omstreeks 14:30 in die Goldfields-winkelsentrum se parkeerarea afgegaan het. Toe hulle die kind sien, het hulle die polisie en paramedici ontbied. Annali Snoer, ʼn paramedikus vir Netcare911 het ʼn suurstofsilinder gebruik om ʼn ruit te breek en om water en ʼn nat ambulanslaken vir die kind aan te gee. Die temperatuur was in die hoë dertigs, en in die toe motor nog hoër. Die winkelsentrum se sekuriteit het drie aankondigings in die winkelsentrum en by die aangrensende casino gedoen om die voertuigeienaar in kennis te stel. Omstreeks 16:30 het twee mans, wat glo skoene gaan koop het, rustig aangestap gekom, het Beeld berig. Hulle sê die voertuigeienaar het weggehardloop. Beide is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing. Die kind se 23-jarige moeder is na die toneel ontbied en sy het aangevoer die mans het die kind in die motor sonder haar toestemming geneem. Die kind is in die ambulans gestabiliseer.

In nog ʼn saak sal ʼn vrou, Shelly Khumalo, Maandag in die landdroshof in Vereeniging verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing nadat sy glo haar twee jong kinders in ʼn geparkeerde motor by ʼn winkelsentrum gelaat het. Sy het glo ook weerstand gebied toe die polisie haar in hegtenis wou neem en sy het glo ook ʼn polisiebeampte aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annatjie Sandrock ·

Dit gaan my verstand te bowe en die optrede van sulke ouers, volwassenes is walglik. Selfs ook diegene wat diere so in motors laat. NO. 1 is die hitte faktor ‘n rol maar ook die veiligheid van die kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.