Twee mans is in hegtenis geneem na hulle vroeg vanoggend by ʼn Johannesburgse winkel wou inbreek.
Volgens adjudant-offisier Xoli Mbele, ʼn woordvoerder van die polisie, is die mans vanoggend omstreeks 02:00 op heterdaad betrap terwyl hulle by die winkel op die hoek van Mooi- en Kerkstraat wou inbreek.
“Die twee mans is van Tanzanië. Een is 22 jaar oud en die ander een is 32. Hulle word aangekla van inbraak en kwaadwillige saakbeskadiging.”
– Sapa