Twee vas ná moord by Builders Warehouse

Die foto is deur Tshepo Lesole van EWN geneem.

Twee van die vier rowers wat glo Woensdagoggend ʼn klant by Builders Warehouse in Sunninghill doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Kym Cloete, sê een van die mans is in die Paulshof area naby die misdaadtoneel opgespoor terwyl die ander man in Berea, naby Hillbrow gevind is. Die polisie soek steeds na die ander twee verdagtes. Die klant is vroeg Woensdagoggend doodgeskiet na ʼn mislukte roof by die winkel. Die rowers wou glo die klant kaap toe hulle op die vlug geslaan het, en is hy doodgeskiet. Cloete het vroeër gesê dat werknemers en veiligheidswagte besig was om die winkel oop te sluit toe hulle deur ʼn verdagte genader is wat ʼn veiligheidswaguniform aangehad het. Cloete sê hulle het hom ingelaat aangesien hy ʼn uniform aangehad het. Hy het hulle met ʼn vuurwapen gedreig en nog drie verdagtes het by hom aangesluit. “Hulle het aangedring op kontant en toe een van die werknemers nie daarin kon slaag om die kluis oop te sluit nie, is hy aangerand.” Massmart sê intussen dat die winkel nie Woensdag oop sal wees nie en dat beraders beskikbaar sal wees vir werknemers en lede van die publiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.