Twee vas ná moord op bejaarde

Twee mans is in hegtenis geneem na die moord op Henna Smit (75) op ʼn plaas buite Citrusdal in die Wes-Kaap.

Die Burger berig dat Smit se seun, Isak, Vrydagoggend omstreeks 01:00 op sy ma se lyk afgekom het. Isak woon ook op die plaas in ʼn ander huis sowat 30m van sy ma se huis af. Hy het haar glo Donderdagaand omstreeks 21:00 laas gesien. Isak het wakker geword van die honde se geblaf en uitgegaan om te kyk of iets fout is toe hy op sy ma se liggaam afgekom het. Haar hande en voete was vasgebind. Sy is vermoedelik verwurg. Twee mans is intussen in hegtenis geneem in verband met die moord. Die polisie soek na nog twee verdagtes.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.