Twee vas na moord op gayklub eienaar

Bruno Bronn se liggaam word Dinsdagoggend uit sy huis in Groenpunt verwyder. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die eienaar van ʼn bekende gayklub in Kaapstad.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. November Filander, sê Frederick Coetzee (36) is omstreeks 10:15 Saterdagoggend in Bo-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op Bruno Bronn (49). Filander sê die polisie het inligting van die publiek ontvang oor waar Coetzee hom kan bevind en is hy by sy woonstel in Yususstraat in hegtenis geneem op aanklag van moord. Filander sê ʼn tweede verdagte (29) van Soutrivier is ondervra oor die misdaad en is ook aangekla van moord. Die twee beskuldigdes sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Bronn is Dinsdagoggend dood gevind in sy huis in Groenpunt. Hy het op sy rug gelê en sy hande is voor hom vasgemaak. Hy het merke op sy nek gehad. Volgens berigte is Bronn die afgelope paar maande gedreig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.