Twee vas ná moord op polisieman

‘n Man is Donderdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis deur die Bergville-landdroshof nadat hy ‘n polisieman doodgeskiet het.

“Mxolisi Mngadi (24) en sy medepligtige, Thamsanqa Maduna (23) is ook 15 jaar tronkstraf opgelê vir die roof van ‘n selfoonwinkel in die middestad van Ladysmith in 2009,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. Mngadi het die 54-jarige polisieman doodgeskiet toe hy hulle probeer aankeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.