Twee vas na moord op polisieman

Twee mans wat glo ʼn polisiebeampte met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en sy motor gesteel het, is Dinsdag in Kagiso aan die Wes-Rand in hegtenis geneem.

Ao. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans, albei 25, word verdink van die moord op konst. Mpho Gift Boshomane. Hy het twee weke gelede in sy motor in Kagiso gesit toe twee mans hom genader het. Die mans het Boshomane glo verskeie kere met ʼn skerp voorwerp doodgesteek, hom uit sy motor getrek en daarin gevlug. Boshomane se Volkswagen Polo is later deur die polisie opgespoor. Die motor se nommerplate is verwyder en Boshomane se vuurwapen was steeds onder die bestuurdersitplek. Die twee mans sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.