Twee vas ná oproerige gedrag op Mango-vlug

Argieffoto

Argieffoto

Twee passasiers is Donderdag in hegtenis geneem vir ontwrigtende gedrag teenoor die kajuitbemanning en mede-passasiers op ‘n Mango-vlug, het dié laekoste-lugredery gesê.

“Ontwrigtende gedrag en inmenging met die pligte van die bemanning is ‘n kriminele oortreding,” het Hein Kaiser, woordvoerder van Mango, gesê. Hy kon nie sê presies wat gebeur het nie.

Die mans was van OR Tambo Internasionale Lughawe onderweg na King Shaka Internasionale Lughawe in Durban. Die polisie is ontbied en die mans is in hegtenis geneem net nadat die vlug geland het. Die polisie in KwaZulu-Natal kon nie dadelik kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Erich Goosen ·

Was die 2 passasiers dalk maar nie net besit om hul ‘mile-high’ klubregte uit te oefen nie en toe onseremoniel onderbreek en gelas om hul veiligheidsgordels aan te sit nie?

Alta ·

Dit gebeur wanneer jy bobbejane toelaat om te vlieg. Dis mos hulle konstitusionele reg Sies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.