Twee vas ná plaasaanval

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn man en die aanranding van sy vrou op ʼn plaas naby Brits in Noordwes.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê die man is Sondagoggend in hegtenis geneem en daar is drie vuurwapens in sy besit gevind. Frans van der Linden is op Sondag 22 Januarie op die plaas Rashoop, 13km buite Brits, doodgeskiet. Sy vrou Elizabeth is erg aangerand. Die Van der Lindes het tydelik op die plaas gebly terwyl hulle voorberei het vir hulle dogter se troue. Die eerste verdagte is Donderdag in hegtenis geneem. Die polisie het op ʼn selfoon en Van der Linden se motorsleutels beslag gelê. Vier ander selfone, plofstof, ʼn skootrekenaar en juweliersware is ook in die man se besit gevind. Die twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die Brits landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.