Twee vas ná plaasmoord

handcuffs3-320x257Twee mans is hegtenis geneem in verband met ʼn plaasmoord in Noordwes.

Frans van der Schyff (76) en sy vrou, Hennie (73), is Woensdag op hul plaas Môrester tussen Klerksdorp en Ventersdorp aangeval, berig OFM. Hennie is vermoor en Frans het ernstige kopbeserings opgedoen. Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 26 jaar oud, is op ʼn naburige plaas in hegtenis geneem. Mokgwabone sê die egpaar se motor en vuurwapens wat gedurende die aanval gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. Mokgwabone sê Hennie se liggaam is in die slaapkamer gevind. Sy het ʼn kopwond gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Justi ·

Dis tragies! Twee weerlose mensies wat deur die gespuis vermoor is. Die veragtelike gemors.

Ek ·

Justi Maroela laat nie vryheid van spraak toe nie. Ek beveel aan jy gaan maak ‘n draai op Praag. Hulle nuus is nie so baie nie, maar daar het jy redelik vryheid van spraak en hulle forum is beslis lewendiger as hier.

Jasper ·

As dit Maroela se doel is om in hierdie tyd waarin ons Volk hom bevind, altyd plotities korrek en neutral te wees, het ek slegte nuus.
As jy in die middel van die pad wil loop gaan jy een of ander tyd getref en getrap word.

Net Ekke ·

Verwag die media, ons moet hierdie optredes/dade goedkeur ???

Hannetjie ·

My persoonlike mening is dat die beskuldiges sal vir rukie in die tronk wees en dan weer vrygelaat word en verhoorafwagtend te wees en maar net weer moor en te verdwyn.Die howe doen nie moeite om die sake vinniger af te handel dat die beskuldiges gevonnis kan word nie en intussen raak die dokets weg of die beskuldiges moet weer met gtoot moeite opgespoor word . Al wat sal help as afskrik middel is die doodstraf dan is die tronke nie so vol nie ; die gemors is permanent uit die samelewing en belastingbetalers betaal nie vir hul “vakansie ” in die tronk nie.

Piet du Plessis ·

Ek dink iemand skeer die gek. Ek kan nie glo Maroela Media sal in Engels antwoord nie, en dan sommer ook nog ‘modderate’ verkeerd spel nie.

Madelaine ·

Dis onbeskryflik tragies! Ek stem vir die Doodstraf! Oog vir n oog!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.