Twee vas ná rooftog, vyf vlug met kontant

handcuffs3-320x257Twee mans is Donderdagoggend in Kaapstad tydens ʼn transitorooftog in hegtenis geneem.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê sewe gewapende mans het omstreeks 09:00 veiligheidsbeamptes by Nyanga Junction genader toe hulle besig was om geld in ʼn kitsbank te laai.

“Die verdagtes was besig om met ʼn onbekende hoeveelheid kontant na hul wegkomvoertuig te hardloop, toe die polisie by die toneel opgedaag het,” het Traut gesê.

Die groep het op die polisie losgebrand en probeer weghardloop, en die polisie het teruggeskiet. Die polisie het een verdagte, in sy 30s, geskiet en gewond tydens die jaagtog. ʼn Ander man, in sy 20s, is in Gugulethu aangekeer. Die ander vyf verdagtes het met die kontant weggekom.

Die polisie het op twee vuurwapens beslag gelê.

“Ons is gelukkig dat niemand anders tydens die wilde skietery beseer is nie. Die verdagtes het daardeur bewys hoe min respek hulle vir mense se lewens het,” het Traut gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

Hoekom skiet die SAPD so khaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaak ?

AFDUIME VIR DIE SAPD …

Willy ·

Kyk wanneer ‘n skelm uit ‘n wegkomvoertuig klim en op vlug slaan is die kanse dat hierdie oorgewig onfikse polisiemanne die skelm gaan inhaal feitlik nul.
En hierdie oorgewig onfikse polisiemanne nog in die hardloop moet akkuraat skiet, is die kanse ook feitlik nul.

Trippie ·

Eeeeeuw, ek kry die prentjie van die vet boude wat agterna dril …

Wonder waar is ons groepie wat hier op Maroela saamgesels ?

Ek huil sommer … snik, snik, snik !

Willy ·

As daai vettes so dril dril in die Kaap moet hardloop sal dit voel soos sewe op die richter skaal hier by ons duskant die Vaalrivier en visa versa.

Ek hoop nie hulle is aangespreek nie…snik! snik! snik!

Trippie ·

Ek gaan nooit weer iets sê oor mense wat te kort is vir hul gewig nie … my baas het sopas vir my gesê ek lyk soos ‘n “Well-built skeleton” !

Huil nou snot en trane … ☻

Willy ·

Skuus ek kan nie help om te giggel Trippie.
Nog nooit daai een gehoor nie.
Amper soos een op steroids. Grap net.

JAVR ·

Toemaar Trippie, ek self lyk soos ‘n wintermuskiet maar ek kan nog hardloop en ek gee nie op as die beentjie wobble voor hulle break nie! ha ha!

JAVR ·

Ons is hier trippie maar werk dat die dr.lle draai vandag. Het julle al die haelmerke op daai dik boude gesien as hulle so loop! Dit lyk soos flippen speed bumps.

JAVR ·

Dan sê hy wilde skietery! Sy mense is net so wild en kon ook publiek geskiet het! Ek vertrou eerder die skelm dat hy nie sal skiet nie voor ek hulle vertrou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.