Twee vas nadat hulle glo goud in hotel wou verkoop

Twee mans is in ʼn hotel in Oos-Londen in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle goud ter waarde van R650 000 aan polisiebeamptes wou verkoop.

Lt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê die mans is van die Demokratiese Republiek van Kongo en is Woensdag in hegtenis geneem. “Die twee verdagtes wou 1.459 kg goud ter waarde van R650 000 aan die polisiebeamptes, wat hulself as kopers voorgedoen het, verkoop. Die mans wou die goud vir R100 000 verkoop,” het Tonjeni gesê. “Die polisie het ook ontdek dat die verdagtes met asielpermitte in Suid-Afrika is.”

Die mans, onderskeidelik 29 en 32 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklag van handel en die onwettige besit van goud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.