Twee vas oor dagga van R3.7 miljoen

Argieffoto

Twee mans is Donderdagoggend in die Oos-Kaap aangekeer met dagga ter waarde van R3.7 miljoen.

“Die twee, onderskeidelik 26 en 56 jaar oud, is net na 02:00 op die R63 in hegtenis geneem toe hulle nie vir ‘n polisie-ondersoek wou stop nie,” het Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Beamptes het omstreeks 02:00 ‘n wit voertuig met donkerruite by die Bisho-stadion opgemerk. Die polisie wou die motor aftrek, maar die bestuurder het versnel en die polisie het hulle agternagesit.”

Die motor het uiteindelik gestop. “Die polisie het die voertuig deursoek en op 27 pakkies dagga van 307kg met ‘n straatwaarde van R3.7 miljoen afgekom. Die bestuurder wou boonop die beamptes omkoop deur kontant aan hulle te wys. Die polisie het hom dadelik in hegtenis geneem vir omkopery en die besit van dagga.”

Die twee is glo oorspronklik van Alice in die Oos-Kaap. Die polisie het ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant. Hulle sal Vrydag in die Zwelitsha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

lol hulle meen besigheid daai 2. wens net di polisie wil diselfde effort insit as dit by die plaasmoorde en verkragtings kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.