Twee vas oor dagga in Vryburg

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans verskyn Dinsdag in die Vryburg-landdroshof nadat 168kg se dagga Saterdag in hul besit gevind is.

Sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê ʼn polisiebeampte van Vryburg se honde-eenheid het Saterdag ʼn wenk ontvang dat ʼn voertuig vol dagga van Taung in die rigting van Vryburg ry.

“ʼn Padblokkade is omstreeks 18:00 opgestel op die Taung/Vryburg-pad waar ʼn Nissan-dubbelkajuitbakkie voorgekeer is,” het Molale gesê.

“Die polisie het die voertuig deursoek en op dagga in die agterkant van die voertuig afgekom. Die 168kg dagga het ‘n geraamde straatwaarde van sowat R504 000.”

Die twee mans wat in hegtenis geneem is, is onderskeidelik in hul 20s en 50s. Een verdagte is moontlik van Lesotho. Hulle gaan in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg ·

Solank ons grense oop, onbewaak en korrupte grens pos beamptes het sal hierdie en ander misdaad net verder en verder uitbrei.

leon ·

Ek is dood seker Cyril R was daar toe hulle gevang was. Want op n ander hoof berig lyk hy darem al te veel gerook. Kyk na sy oe dan sal julle self sien mense.

Peter Se ·

Leon, niks vreemd nie, onthou dit is in die naam van tradisie !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.