Twee vas oor diefstal van R55 m.-viool

Die Lipinsky Stradivarius-viool wat opgespoor is Foto: FoxNews

Die Lipinsky Stradivarius-viool wat opgespoor is Foto: FoxNews

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ʼn viool wat ongeveer R55,4 miljoen werd is.

Salah Salahadyn (41) en Universal Knowledge Allah (36) is in Milwaukee in Amerika in hegtenis geneem. Allah word ook aangekla van die besit van marijuana. ‘n 32-jarige vrou, wat saam met die mans in hegtenis geneem is, is nie aangekla nie.

Die 300-jarige viool van nagenoeg $5 miljoen is na ʼn uitvoering van die Milwaukee Simfonieorkes gesteel. Frank Almond, die konsertmeester, is ná die uitvoering op 27 Januarie by die Wisconsin Lutheran College in die parkeergebied deur ‘n man en vrou oorval. Hy is met ʼn skokgeweer aangeval en het die viool laat val. Die twee persone het met die viool gevlug.

Die polisie het Woensdagaand in ʼn huis in Milwaukee se solder op die seldsame viool afgekom. Die eienaar van die huis het glo aan die polisie gesê een van die verdagtes het gevra of hy die tassie maar daar kan bêre, en hy het ingestem.

Dit wil voorkom of die viool nog in ʼn goeie toestand is. Die Lipinski Stradivarius-viool is in 1715 vervaardig.

‘n Beloning van $100 000 (ongeveer R1.1 miljoen) is vroeër aangebied vir die gesteelde viool.

Bron: SAPA, Newsmax, FoxNow

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.