Twee vas oor laggas-ballonne

Argieffoto

Twee tieners is in Thailand in hegtenis geneem nadat hulle ballonne, met laggas daarin, aan toeriste verkoop het.

Die twee, onderskeidelik 17 en 19 jaar oud, is Woensdag van die verkope van gereguleerde stowwe aangekla wat tot ʼn maksimum tronkstraf van vyf jaar kan lei. Hulle het die ballonne met stikstofoksied glo aan toeriste by die Pattaya-vakansieoord verkoop.

Die gas, wat beter bekend staan as laggas, veroorsaak euforie en ʼn gelag wanneer dit ingeasem word. Daar is verskeie wettige gebruike van die gas, insluitend pynverdowing tydens mediese prosedures, veral tandheelkunde.

Stikstofoksiek is in talle lande, insluitend die Verenigde Koninkryk, wettig bekombaar, maar dit word in Thailand gereguleer. “Hulle is onder mediese wetgewing aangekla wat ʼn verbod plaas op die verkope of uitvoer van stikstofoksied,” het lt.kol. Passkorn Paikit, woordvoerder van die polisie, aan AFP gesê. Die ballonne word glo algemeen in Ko Samui en Ko Pha Ngan teen ongeveer 120 baht (sowat R3-50) elk verkoop en die effek kan vir vyf tot 10 minute lank duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.