Twee mans is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn klopjag op ʼn dwelmlaboratorium in Boksburg aan die Oos-Rand uitgevoer het.
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê daar is op Mandrax-tablette ter waarde van R10,5 miljoen en toerusting wat gebruik word vir die vervaardiging van dwelms beslag gelê. Ramaloko sê een van die mans in die laboratorium kon daarin slaag om te ontsnap. Die twee mans wat in hegtenis geneem is sal Donderdag in die Boksburg-landdroshof verskyn.