Twee vas oor moord op Jhb-polisiehoof

Genl.maj. Tirhani Maswanganyi

Genl.maj. Tirhani Maswanganyi

Twee mense, insluitend ʼn adjudant-offisier, is in hegtenis geneem nadat hulle glo saamgesweer het om ondersoekers wat die moord op ‘n Johannesburgse polisiehoof ondersoek, te vermoor.

Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende Gautengse polisiehoof, het aan verslaggewers in Johannesburg gesê twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 52 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle saamgesweer het om die ondersoekers wat die moord op genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51) ondersoek, te vermoor. Mothiba sê die 33-jarige verdagte was glo ook betrokke by die moord op Maswanganyi. Die 52-jarige verdagte is ʼn adjudant-offisier. Die verdagtes sal op 21 Februarie in die Sebokeng-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg. Die 33-jarige verdagte sal ook op 20 Februarie in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn in verband met die moord op Maswanganyi. Ses mense is nou reeds in hegtenis geneem in verband met die moord op Maswanganyi. Hy is in Junie dood gevind in ʼn veld naby Hammanskraal.

Lees ook:
Beskuldigde beweer polisie-marteling
Weermaglid ‘n beskuldigde in Jhb-polisiehoof se moordsaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.