Twee vas oor ontvoerings, verkragtings in Oos-Londen

boeie 2Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en verkragting van vroue in Oos-Londen.

“Die mans, onderskeidelik 29 en 39 jaar oud, is Dinsdagoggend in Woolwashweg in Haven Hills in hegtenis geneem,” het kapt. Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, Donderdag gesê.

Mbi sê die mans het ʼn klein motor as ʼn plaaslike taxi gebruik, vroue rygeleenthede aangebied en hulle dan beroof voordat hulle ontvoer en verkrag is.

Een slagoffer was tydens die inhegtenisneming nog in die motor. Sy is Maandagaand omstreeks 21:00 ontvoer en is tot Dinsdag omstreeks 03:00 aangehou.

Die twee mans staar aanklagte van ontvoering, diefstal en verkragting in die gesig. Hulle sal binnekort in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.