Twee vas oor onwettige aktiwiteite

Argieffoto

Twee mans is in verband met manlike geslagsorgaanvergrotingsmedisyne in Booysens, Johannesburg, aangekeer.

“Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het die twee mans Saterdag omstreeks 14:00 in hegtenis geneem nadat een man op heterdaad betrap is toe hy onwettige plakkate vir dié medisyne aan verkeersligpale vasgemaak het,” het hoofsup. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, gesê. Die man is op die hoek van Heronmereweg en Booysenweg aangekeer en het die polisie na die huis gelei waar die onwettige medisyne aangetref is.

“Die eerste verdagte het die beamptes na ‘n huis in Booysens geneem waar die medisyne vervaardig word. Dit word teen R300 per houer verkoop. ‘n Tweede verdagte is by die huis in hegtenis geneem,” het Minnaar gesê. “Die polisie het ook beslag gelê op vervalsde R100-note.”

Die twee mans, onderskeidelik 30 en 33 jaar oud, is uitlanders. Hulle is van skade aan munisipale eiendom en die besit van vervalsde banknote aangekla. Hulle sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.