Die polisie in Port Elizabeth het twee verdagtes aangekeer in verband met ‘n rooftog by ‘n munthandelaar Dinsdag by die Greenacres-winkelsentrum.
“Een verdagte is in Motherwell aangekeer, en die ander een in Kwazakhele,” het kapt. Alwin Labans, woordvoerder vir die polisie gesê, berig AlgoaFM. Vier mans het Dinsdag die Scoin Shop in die winkelsentrum betree en waardevolle munte ter waarde van sowat R1.5 miljoen gesteel. Labans sê hulle is steeds op soek na vyf ander verdagtes.
Twee voertuie wat glo as wegkomvoertuie gebruik is, is verlate in die stad opgespoor.