Twee vas oor verdwyning van 4-jarige

Shaskia Michaels

Shaskia Michaels

Twee mans is in hegtenis geneem en word ondervra in verband met die verdwyning van die vierjarige Shaskia Michaels.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans, onderskeidelik 41 en 21 jaar oud, word ondervra in verband met Michaels se verdwyning. Michaels is Donderdag die laaste keer gesien buite haar huis in Mitchells Plain. “Die omstandighede rondom haar verdwyning word as prioriteit ondersoek en ons wil nie oor die feite en moontlikhede spekuleer tot die ondersoek in ʼn meer gevorderde stadium is nie,” het Traut gesê. Die polisie was vroeër op soek na Robert Sylvester om hulle by te staan in die saak. Enigiemand met inligting kan ao. Charles Julies kontak by 0213701600. Patricia de Lille, burgmeester van Kaapstad, het intussen ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot ʼn arrestasie in verband met Michaels en Kauthar Bobbs se verdwyning. Bobbs het in Oktober verlede jaar ook in Mitchells Plain verdwyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.