Twee vas vir aanval op BFN-egpaar

Pieter en Elsa Korvel. Foto: Facebook

Twee verdagtes verskyn Maandag in die hof vir die aanval op Pieter (58) en Elizabeth (55) Kovler, wat op 19 Januarie op hul kleinhoewe in Bainsvlei naby Bloemfontein aangeval is.

Ao. Zweli Mohobeleli, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê die aanvallers is Vrydagaand omstreeks 23:00 deur die polisie se georganiseerdemisdaad- en taktiesereaksie-eenheid in hegtenis geneem ná ʼn intensiewe ondersoek. Albei is in Mangaung vasgetrek.

Maroela Media het vroeër berig Pieter is twee keer geskiet en minstens 11 keer met ʼn mes gesteek. Elsa is met ʼn staalpyp en vuurwapen aangerand. Haar regterbeen en neus is in die aanval gebreek. Die twee mans het die egpaar vasgebind en ʼn matras oor hulle gegooi. Twee vuurwapens en ʼn kluis is tydens die voorval gesteel. Die egpaar sterk in die hospitaal aan.

Die verdagtes, onderskeidelik 28 en 31 jaar oud, moet vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. Die drie vuurwapens en ʼn kluis is in hul besit gevind.

Lees ook:
BFN-plaasaanvalslagoffers sterk aan
Egpaar op kleinhoewe in BFN aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.