Twee mans is in hegtenis geneem nadat daar kokaïne in hul besit gevind is by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park.
Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê ʼn 41-jarige man van Nigerië en ʼn 28-jarige man van Amerika is in hegtenis geneem kort nadat hulle van Sao Paulo, Brasilië op die lughawe aangekom het. Ramaloko sê kokaïne ter waarde van R600 000 is in die Nigeriese man se bagasie gevind. Die Amerikaanse man het glo sakkies kokaïne ingesluk en die daar is reeds op 25 sakkies beslag gelê. Ramaloko sê die man het nog ʼn paar sakkies in sy lyf. Die mans sal na verwagting Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Piepppp-klein puntjie van die ysberg … vir elke één wat gevang word, stroom honderde ongesiens die land binne – waar en op watter manier ook al.