Twee vas vir moord oor ‘n selfoon

ʼn Vrou en haar mansvriend is vir moord op die vrou se broer oor ʼn gesteelde selfoon in hegtenis geneem, het die polisie Maandag in Gauteng gesê.

Die vrou het glo haar selfoon verloor en het vermoed dat haar broer dit gesteel het, het ao. Kay Makhubele gesê. Sy het toe haar mansvriend daarvan vertel wat toe in die huis ingestorm het om die broer te konfronteer. Die mansvriend het die broer toe glo doodgesteek. Die vrou is in hegtenis geneem en haar mansvriend bly onder die polisie se toesig in die hospitaal. Hy het ʼn besering aan sy kop gehad nadat hy deur ontstoke lede van die gemeenskap aangeval is, het Makhubele gesê. Die vrou sal Dinsdag in die landdroshof in Roodepoort verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.