Twee vas vir moord op 71-jarige

Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag die 71-jarige John Radford in Kirkwood, Oos-Kaap, met ʼn klip doodgeslaan het.

Adjudant-offisier Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, sê Radford was Maandagmiddag saam met twee assistente in Aqua Park besig om plantjies te soek. “Na wat verneem word, het hulle hom oorweldig en hom met ʼn klip oor die kop geslaan,” het Swart gesê. “Die verdagtes het hom in die bosse laat lê en na sy huis gestap waar hulle ingebreek het en elektriese huisware gesteel het.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 24 en 37 jaar oud, is deur hulp van die gemeenskap vasgetrek. Die mans gaan na verwagting Donderdag in die Kirkwood-landdroshof verskyn op aanklagtes van moord, huisroof en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.