Twee vas vir moord op Kaapstadse polisieman

Twee mense is in hegtenis geneem nadat ʼn polisieman, wat nie aan diens was nie, Sondagoggend by sy huis in Tafelsig in Kaapstad doodgeskiet is.

Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn 21-jarige man is Maandag in Delft in hegtenis geneem. ʼn 23-jarige vrou is kort daarna in hegtenis geneem. Die vrou is glo die slagoffer, konst. Brandon Mapoe (29), se meisie.

Volgens Traut gaan albei aangekla word vir die moord op Mapoe. Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn.

Maroela Media het Maandag berig dat Mapoe, wat by Kaapstad-Sentraal-polisiestasie gestasioneer was, vermoedelik ná ʼn argument met een van die verdagtes doodgeskiet is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.