Twee vas vir Oos-Kaapse dogtertjies se verkragting

Twee jong niggies is verkrag in die Ntlangano informele nedersetting naby Willowvale in die Oos-Kaap, het die polisie Sondag gesê.
Die ma van die een van die meisies het besef dat hulle aangerand is terwyl sy Saterdag besig was om hulle te was, sê kapt. Jackson. Hulle is onderskeidelik vyf en ses jaar oud.
“Albei slagoffers het bevestig dat hulle onlangs deur verdagtes van dieselfde nedersetting verkrag is,” sê hy.
Die twee mans, 18 en 19 jaar oud, is Saterdagnag in hegtenis geneem en sal Maandag in die Willowvale Landdroshof verskyn op aanklag van verkragting. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.