Twee vas vir vervalsde matrieksertifikate

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het twee mans in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo vervalsde matrieksertifikate vervaardig het.

“Die verdagtes het glo vervalsde matrieksertifikate vervaardig en die sertifikate vir tussen R1 500 en R2 000 verkoop,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die polisie het beslag gelê op 13 rekenaars in ʼn internetkafee wat vermoedelik gebruik is om die sertifikate uit te druk.”

Die twee mans, onderskeidelik 39 en 52 jaar oud, sal na verwagting Donderdag in die Point-landdroshof verskyn.

Intussen het die departement van basiese onderwys gesê hy het sekuriteitsmaatreëls bygevoeg op die matrieksertifikate wat aan die matrieks van 2013 uitgereik word, insluitend ʼn watermerk en reeksnommer. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.