Twee vas wat glo dagga aan skoolkinders verkoop

Van die dagga waarop die polisie beslag gelê het.

Twee mans verskyn Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof nadat hulle Sondag vir dwelmhandel in hegtenis geneem is.

Die polisie vermoed die verdagtes is verantwoordelik vir dwelmhandel onder skoliere in die Klerksdorp-omgewing.

Die Valke het Sondag ʼn wenk van die publiek ontvang dat een van die verdagtes dagga verkoop. Hulle het die 23-jarige man in Adamayview in hegtenis geneem. Hy het glo dagga in sy besit gehad. Verdere ondersoek het die polisie na die tweede verdagte, ‘n 30-jarige man, gelei wat in Jouberton bly. Die polisie het hier beslag gelê op dagga met ʼn waarde van sowat R5 000.

“Die gemeenskap van Adamayview is bekommerd oor dwelmhandel onder skoliere. Die polisie het skole en die gemeenskap verlede jaar besoek om bewusmaking oor dwelms te skep. Die polisie versoek die gemeenskap om aan te hou om ongerymdhede aan te meld,” het brig. ST Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.