Twee verdrink glo na hulle probeer help

beach1-300x2251Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê twee 16-jarige leerlinge word vermis en het vermoedelik verdrink nadat hulle ʼn ander leerling uit die see probeer help het by Kampsbaai in Kaapstad.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê ʼn groep leerlinge van ʼn skool in Zeerust, Noordwes het Woensdag as deel van ʼn skooltoer die strand by Kampsbaai besoek. “Volgens onderwysers het ʼn 15-jarige leerling in die moeilikheid beland en het die twee 16-jariges probeer help toe hulle ook in die moeilikheid beland het.” Lambinon sê die 15-jarige is deur ʼn onbekende man uit die water gered en na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. Hy sê ‘n reuse-soektog is na die twee 16-jariges van stapel gestuur maar sonder sukses. Hy sê die soektog is laat Woensdagaand opgeskort en sal vanoggend hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amy ·

Ai dis erg. Gaan op ‘n skooltoer, en dan gebeur so iets. My hart gaan uit na die twee 16-jariges se ouers en familie. Hoop hulle word gou gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.