Twee verdrink oor afstandbeheerde bootjie

Argieffoto

Twee mans het Vrydag in ‘n dam naby Brakpan verdrink toe hulle ‘n klein afstandbeheerde bootjie wou terugkry.

“Volgens ‘n ooggetuie het die miniatuur afstandbeheerde bootjie sowat 100m van die wal af onklaar geraak en die eienaar het probeer om soontoe te swem,” hetRoggers Mamaila, woordvoerder van Ekurhuleni Nooddienste, gesê. “Hy het egter in die middel van sy poging moeg geraak en verdrink.”

Die tweede man, ‘n vriend van die drenkeling, het probeer om sy vriend te red, maar het self in die moeilikheid beland en verdrink.

Die voorval is net na 12:00 aangemeld en die liggame is omstreeks 15:30 uitgehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.