Twee mans het Saterdag in die Valsrivier naby Kroonstad in die Vrystaat verdrink.
“Na bewering het die mans verdrink terwyl hulle in die rivier gedoop is,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. Die polisie was besig om die liggame uit te haal toe paramedici by die toneel aangekom het. Die mans is op die toneel dood verklaar.
Die Valsrivier is vir sy kolke bekend en almal wat op Kroonstad woon weet jy klim nie sommer net in die rivier nie.
Mens moet versigtig wees as dit kom by wie aan die doop “ser” deelneem…..