Twee vermeende stropers vas

Twee vermeende renosterstropers is in Bela Bela (Warmbad) in Limpopo in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie sê die twee vermeende stropers is by ‘n wildreservaat in hegtenis geneem. “Die verdagtes, onderskeidelik 33 en 61 jaar oud, is van Donkerhoek naby Pretoria. ʼn .300 Winchester-jaggeweer, ʼn byl en twee messe is in hul besit gevind.” Mulaudzi sê die verdagtes sal Vrydag in die Bela Bela-streekhof verskyn op aanklagte van onwettige jag van beskermde wild en die besit van ʼn onwettige vuurwapen. Volgens Muluadzi is daar al 15 vermeende stropers in Februarie in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.