Twee vermiste Mpumalanga-vroue gevind

Marika van Niekerk

Missing Children SA het bevestig dat twee vrouens wat in onverwante voorvalle as vermis aangemeld was, opgespoor is.

Maroela Media het vroeër berig Marika van Niekerk (20) van Mpumalanga was sedert 9 April vermis. Van Niekerk was die laaste keer gesien toe sy van Middelburg in Mpumalanga na Bloemfontein met ‘n Greyhound-bus gereis het. Missing Children SA het Woensdag bevestig dat sy veilig en ongedeerd in Bloemfontein opgespoor is en dat die polisie die saak toegemaak het. Die ondersoekbeampte kon nie meer oor die saak uitbrei nie.

Maroela Media het ook berig oor Stephanie Willemse (39) van Nelspruit wat sedert 30 Julie vermis was. Sy het die middag om 15:00 haar kantoor in Rocky’s Drift, Nelspruit verlaat. Sy het met ‘n wit Toyota Prado gery en is nie weer gesien nie. Missing Children SA het op 10 Augustus bevestig dat sy opgespoor is en dat dié saak ook gesluit is. Hulle kon egter nie meer inligting bekend maak nie.

Stephanie Willemse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.