Twee vermiste toeriste veilig opgespoor

natures valleyDie twee toeriste wat Vrydagaand in Plettenbergbaai naby Natures Valley vermis geraak het, is Saterdagoggend veilig opgespoor, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Saterdag gesê.

Yolann de Boeve (24) van België en Kwangnam Kim (33) van Suid-Korea is glo bykans 2.5km in die Salt Rock-gedeelte van die Natures Valley-staproete opgespoor. Hulle is met helikopters van die NSRI na veiligheid gebring.

Personeellede van die Wild Spirit Backpackers Lodge by The Crags, Natures Valley in Plettenbergbaai het Vrydagaand omstreeks 18:00 die NSRI in kennis gestel dat die twee mans nog nie van hul staproete af teruggekeer het nie. Klik hier om meer te lees.

De Boeve en Kim het glo ‘n afdraai op die staproete gemis en hulle het in ‘n gedeelte van Salt River beland wat moeilik met ‘n voertuig begaanbaar is, en verdwaal. Toe die donker hulle oorval, het die mans skuiling gesoek eerder as om verder die onbekende terrein te verken. Hulle kon ‘n vuur maak en slaap.

Die Skymed-helikopter het die twee mans vanoggend opgemerk.

Die toeriste is altwee vir bykans ‘n maand lank met vakansie in Suid-Afrika. Hulle was in ‘n goeie luim, bietjie honger en het slegs ‘n paar skrape en kneusplekke gehad, maar was andersins ongedeerd. Hulle is weer na die gastehuis (“backpackers”) geneem waar hulle tuisgegaan het.

Die NSRI het gesê hy loof personeellede van die gastehuis omdat hulle betyds die NSRI in kennis gestel het dat die twee mans vermis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.