Twee verongeluk op N3

Die Ford Bantam-bakkie waarin die twee mans op die N3 gesterf het Foto: ER24

Twee mans is Saterdag dood ná ‘n enkelvoertuig-botsing op die N3-snelweg in Westville, KwaZulu-Natal.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar volgens André Visser, woordvoerder van ER24, het die bestuurder van ‘n Ford Bantam-bakkie beheer verloor voordat die voertuig die pad verlaat en teen ‘n paal op die sypaadjie tot stilstand gekom het. “Die bakkie was in twee geskeur en die bestuurder en sy passasier (beide mans in hul 20s) is weens die impak uit die voertuig geslinger,” het Visser gesê. Een van die mans het ongeveer 50m van die voertuig af gelê. Hy het verskeie gesigbeserings opgedoen en is later op die toneel dood verklaar.

Die tweede man het verskeie beserings opgedoen, insluit kop- en borsbeserings en verskeie gebreekte bene. Net nadat paramedici hom begin behandel het, het hy ophou asemhaal en kon hulle nie meer ‘n pols by hom kry nie. Ten spyte van pogings van paramedici, kon hulle hom nie red nie en is hy ook op die toneel dood verklaar.

Plaaslike beamptes was op die toneel en sal die oorsaak van die ongeluk verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.