Twee vroue en man vas vir ‘ontvoering, aanranding’

Drie mense, insluitend ‘n vroulike polisiebeampte, is in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering, aanranding en roof van ‘n man in Noordwes.

“Die man beweer hy is Saterdag by sy huis ontvoer,” het lt.kol. Lesego Metsi gesê. Hy het glo geslaap toe drie oortreders hom wakker gemaak, sy hande vasgebind en in ‘n motor met hom weggery het. “Die slagoffer beweer die verdagtes het hom aangerand en hom beskuldig dat hy hulle eiendom gesteel het. Hy het aan die polisie gesê die verdagtes het aan sy privaatdele getrek en op hom urineer voordat hulle sy selfoon en kontant gesteel het,” het Metsi bygevoeg. ‘n Vroulike konstabel, ‘n man en ‘n vrou is in hegtenis geneem. Hulle sal Dinsdag in die landdroshof in Taung verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.